IMG_0121.jpg
QUALITY MEAT (1).png
Search
  • DIE VLEIS WINKEL

Boland Skaap Potjie

Potjiekos is beslis een van ons gunsteling Boerekos maaltye 🥘


Bestanddele:


▪️ Kookolie ▪️ 8 skaapnek in 15 mm dik skywe gesny ▪️ 8 skaap kneukels in 15 mm dik gesny ▪️ 8 varkvleis kneukels, ▪️15 mm dik gesny ▪️ 8 klein uie ▪️ 10 ml sout ▪️ Vleisaftreksel ▪️ 8 wortels, elk in 3 stukke gesny ▪️ 3 groot aartappels, in blokkies gesny ▪️ 24 jong groenbone, gehalveer ▪️ 6 murgpampoentjies, elk in 3 gesny ▪️ 3 squash pampoentjies – halveer ▪️ 250 g knopie sampioene ▪️ 2 groot uie, fyngekap ▪️ 6 groot ryp tamaties, ontvel en in blokkies gesny ▪️ 2-3 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny ▪️ 2-3 druppels Tabasco sous ▪️ 15 ml sojasous ▪️ 15 ml Worcestersous sous ▪️ Vars gemaalde swart peper na smaak ▪️ 1 stingel seldery, gesny in 5 mm stukke ▪️ pakkie gedroogde vrugte ▪️ Grof gekapte vars pietersielie


Metode:

1. Verhit ‘n bietjie olie in die potjie, voeg nek en verbruin aan alle kante. 2. Verwyder en rangskik in die middel van ‘n plat-boom potjie. 3. Herhaal dit met die lam en vark kneukels, plaas die lam in ‘n sirkel rondom die nek, plaas dan die vark kneukels rondom die buite rand. 4. Plaas die klein uie bo-op en besprinkel met sout en knoffel 5. Giet in ‘n warm vleis aftreksel tot byna oor die vleis, laat kook 1 uur 6. Rangskik bo-op in lae saam met wortels, aartappels, dan groen boontjies,pampoen, tamaties en res van sous bestandele behalwe pietersiele 7. Bedek met net genoeg aftreksel om als te bedek en laat prut. 8. So gou as die aartappel amper sag is, rangskik ‘n laag vrugte , murgpampoentjies en dan’ n laag sampioene bo-op. 9. Prut vir sowat 10 minute.

10. Besprinkel met pietersielie en bedien.